SportSport

Reën kelder NWU teen Mokuena se manne

Die swaar reën gisteraand (28 Februarie) in Johannesburg het die NWU se hoop vir 'n sege teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) erg in die wiele gery. 

Die swaar reën gisteraand (28 Februarie) in Johannesburg het die NWU se hoop vir ‘n sege teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) erg in die wiele gery. Die wedstryd is weens die weer met 25 minute vertraag. Teen afksoptyd was die veld nog met plasse water gesaai. Die bal was seepglad en dit het met beide spanne se hantering gewys. Die NWU het van die begin af meer gesukkel om bal in hande te hou.  Hulle het vroeg deur ‘n goeie rolmaalbeweging ‘n drie gaan druk waarna ‘n strafdrie aan die Potchefstromers toegeken is. UJ, onder leiding van voormalige NWU breier, Jonathan Mokuena se span het nie gaan lê nie en kort voor die einde van die eerste-helfte, is hulle met ‘n strafdrie beloon. André Fouche is ook met ‘n geelkaart gestraf. Die NWU het gesukkel sonder hulle vuurvreter agsteman op die veld. UJ het beter balbesit behou en het goeie fases opgesit om vroeg in die tweede helfte vir Philip Apea-Adu, oor die lyn te stuur. ‘n Kort skop deur Martin Venter is in ‘n UJ-verdegiger vas. UJ het weer fase na fase opgesit, voordat die senter Musa Tshabalala deur ‘n gaing gestuur is. Die NWU kon hom kort voor die lyn keer, maar die fase-spel van UJ het ‘n paar fases daarna verseker dat die losskop Keagan Kiewit oor die lyn kom. Kort daarna is daar op ‘n verlore aangee, deur UJ se vleuel, Rowan Malgas gekapitaliseer. Met wat net as sokker vernuf beskryf kan word het hy die bal vorentoe geskop voordat hy vir ‘n sewe-punt drie oorgegaan het. Alhoewel die Potchefstromers nie in die tweede helfte ‘n punt kon aanteken nie, het hulle meer as genoeg kanse gehad . Menige balle is in UJ se kwartgebied laat spaander. Hantering, afronding en oordeelsfoute het die NWU op die dag gekos. Die eindtelling is 35 – 14. Hierdie is die eerste wen vir UJ in vanjaar se kompetisie. Mokuena, moet verlig wees om daai apie van sy rug af te kry. Pretorius se manne gly na 7de op die punteleer. Terwyl UJ na 5de toe opskuif.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button