
Laerskool Mooirivier het verlede week Donderdag ‘n vriendskaplike tuiswedstryd teen Kollegepark van Vanderbijlpark gespeel. Die manne van Tokkies het die telbord behoorlik laat loop. So tipe begin van die seisoen sal vir Tokkies breed laat glimlag. Hulle ligawedstryde begin amptelik eers op 19 April teen Laerskool Rustenburg. Die seuns lyk of hulle reg vir die seisoen is wat voorlê. Tokkies se volgende toets is hierdie Saterdag (12 Maart) in ‘n wegwedstryd teen Rissiville. Hulle sal hoop om weer so goeie vertoning te lewer/ Hier volg die uitslae van die dag: Eerstes 43-0 2des wen 53 -0 o/11A 51 – 0 o/10 A wen 37-0 o/9A 52 ‐ 0 o/8 A 0-0 
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



