SportSport

Ferdies se twee en driekamp atlete gee die pas aan

Hanru Brits (gr.12), Krynauw Brits (gr.10), Isak Hitge (gr.10) en me. Jolanda Rosin het almal eerste plekke in hul ouderdomsgroepe behaal.

Die twee- en driekampligas van die Noordwes is weer volstoom aan die gang, met Ferdies se atlete wat die pas aangee.

In die derde ligabyeenkoms van die jaar wat Saterdag, 5 Maart by Vaal de Grace in Orkney gehou is, was van hierdie atlete en onderwyseresse in skitterende vorm.

Hanru Brits (gr.12), Krynauw Brits (gr.10), Isak Hitge (gr.10) en me. Jolanda Rosin het almal eerste plekke in hul ouderdomsgroepe behaal.

Isak Hitge het aan die Duathlon Sprint (5 km hardloop, 20 km fietsry en 2.5 km hardloop) deelgeneem en Hanru, Krynauw, me. Jolanda Rosin en me. Surina Scholtz aan die Triathlon Sprint (750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop). Isak was algeheel tweede, Krynauw algeheel vierde, en Hanru algeheel vyfde, met me. Rosin algeheel eerste van die dames.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button