SportSport

Luiperds knak Bulle in opwarmingswedstryd

As daar twyfel was of die Luiperds gereed is om hulle Curriebeker Eerste Divisie titel te verdedig, is dit Vrydagmiddag (1 April) uit die weg geruim.

As daar twyfel was of die Luiperds gereed is om hulle Curriebeker Eerste Divisie titel te verdedig, is dit Vrydagmiddag (1 April) uit die weg geruim.

Foto: Mario van de Wall

Die Luiperds het die Bulle met 29 – 27 in Potch gewen. Dit was baie goeie voorbereiding vir die Luiperds wat komende naweek hulle Eerste Divisie veldtog teen Grens afskop.

Die sterk vertoning veral in die skrums wys dat die regte personeel bygesit is, en dat Freddy Ngoza tot dusver goeie werk met die voorspelers doen. Hierdie seisoen is vir Eerste Divisie spanne baie belangrik omdat daar ń kans is om volgende jaar Curriebeker rugby te speel. Dit is waarskynlik die Luiperds se groot doelwit vir die seisoen. Die Griffons het die afgelope naweek ń honderdtal teen die Grens opgesit. Die Luiperds se eerste wedstryd is weg teen Grens op 9 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button