
Potch Dorp het die afgelope naweek, dit twee uit twee wenne gemaak.
Dit nadat hulle met 25 – 17 met Westonaria afgereken het. Dorp se vrouespan het ‘n indrukwekkende sege van 67 – 14 oor Matlosana se vroue beklink.
Die verdediging van Dorp se Neserliga titel lyk of dit op koers is. Die groot toets sal kom wanneer hulle teen Stilfontein te staan kom met dié twee spanne wat tans eerste en tweede plek op die punteleer beklee.
Dorp het hulleself goed van hulle taak gekwyt in die voorafgaande PVR uitdaagbeker en is nou besig om op die goeie lesse wat geleer is te bou.
Dorp se volgende toets kom hierdie naweek (9 April) wanneer hulle Zeerust toe reis om te probeer onoorwonne bly.
Vir nog plaaslike rugbynuus:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/