SportSport

Agterdeur na halfeind bly vir NWU oop

Daar is nog 'n kans dat die NWU die halfeindrondte van vanjaar se Varsitybeker kan maak. 

Daar is nog ‘n kans dat die NWU die halfeindrondte van vanjaar se Varsitybeker kan maak.

Dit nadat hulle in ‘n sopnat Bloemfontein ‘n bonuspunt sege oor CUT beklink het. Die Shimals het ook die NWU ‘n guns gedoen nadat hulle vir Tuks gewen het. Die manne van Pretoria het geen punte uit die wedstryd gevat nie. Dit beteken die NWU is slegs een punt agter Tuks wat in vierde plek lê.

UJ klop ook nog aan die deur in sesde plek ook met 24 punte.

In die finale rondte van wedstryde vat UJ vir Tuks aan terwyl die NWU vir Wits op die Fanie gaan aanvat.

As UJ vir Tuks kan klop en die NWU klop vir Wits met ‘n bonuspunt behoort die Potchefstromers dit te maak. As Tuks wen, en die NWU kry ‘n bonuspunt wen, sal die NWU met ‘n groot telling moet wen om die punte verskil tussen hulle en Tukkies op te maak.

UJ kan dit nog maak mits hulle bonuspunt wen oor Tuks behaal en die NWU nie met ‘n bonuspunt wen nie of verloor.

Vir meer plaaslike rugbynuus:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button