
Dit is ‘n nuwe begin vir die Manskoshuise wat vanjaar aan die NWU se koshuisliga gaan deelneem.
Die laaste keer wat die liga plaasgevind het was in 2019, toe Caput die beker gelig het. Meeste van die spelers wat in daardie liga gespeel het, het nou al kaar studeer. Dit is ‘n skoon begin vir al die koshuise, wat op 13 Mei hulle veldtog in die Super en Premierligas onderskeidelik afskop. Die wedstryde wat op 8 April sou plaasvind het uitgereen en sal op ‘n ander datum plaasvind.
Caput, Patria, Villagers, Veritas, Heimat en Overs gaan om die die Superliga meeding
Terwyl, Excelsior, Laureus, Hombré, Ratau en die Ingenieurs dinge vir die Premierliga uitspook.
Volg die skakel om die bepalings en punteleer van die ligas dop te hou.
Die bepalings dui nie die tye aan wat elke span speel nie, slegs die datums.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/