SportSport

Gimmies val vas in Rustenburg

Gimmies het 'n moeilike vakansiedag onder die knie. 

Gimmies het ‘n moeilike vakansiedag onder die knie.

Dit nadat hulle vanoggend (27 April) met 42 – 5 teen Montan in die NWU Prestige reeks verloor het.

Die feit dat Montana die skrums oorheers het, het die Potchefstromers se penarie nog erger gemaak. Gimmies kon net nie op die voor voet kom in die wedstryd nie. Die laaste 10 minute veral het Montana die ellende op die blou en wit gepak.

Gimmies se verdediging het op tye lusteloos gelyk en glad nie na die loopgraaf soldate van Saterdag (23 April) tydens die  kwarteindrondte nie. Die keer wat Gimmies skoon bal ontvang het, het hulle gaan punte aanteken. Daar was ook goeie spel te bespeur die enkele kere wat Gimmies op die teenval gegaan het. Selfs nadat Montana ‘n geelkaart ontvang het vir gevaarlike spel het hulle manier gevind om op die aanval te bly.

Dalk was dit die hitte in Rustenburg, maar die Potchefstromers het op tye gelyk of hulle nie by die tempo wat Montana gestel het kon by bly nie.

 

Vir meer Rugbynuus:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button