SportSport

Volkies verbeur kanse verloor in halfeindstryd

Volkies moes vandag (27 April) die knie teen Wesvalia met 'n telling 29 - 12 buig. 

Volkies moes vandag (27 April) die knie teen Wesvalia met ‘n telling 29 – 12 buig.

Dié was ‘n taai wedstryd wat die rooi en swart voel hulle moes gewen het. Hanteringsfoute in hulle opponent se kwartgebied het die Potchefstromers duur te staan gekom. Volkies was van die begin af die dominante mag in die skrums gewees. Dit het nie die Klerksdorpers afgesit nie, deur uitstekende werk by die afbreekpunte het hulle balbesit gewen.

Dit is duidelik dat Wesvalia hoë tempo vloeiende rugby van kant tot kant wou speel. Wanneer die bal op die punte gekom het, het die Bruinbere gevaarlik gelyk. Toe Volkies in die tweede helfte meer ritme in hulle strukture begin kry het, het hulle keer op keer oor die voordeellyn gekom.

Maar op die einde het hulle hantering hulle in die steek gelaat. Wesvalia het met goeie opskietverdediging baie druk op hulle buurdorp se spelers gesit, wat moontlik die hanteringsfoute verduidelik.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button