Ernie Roets op pad na sy oorwinning in die Afrika Bergfietskampioenskappe in Windhoek, Namibië.
Ernie Roets, Gimmies se top bergfietsryer, het die afgelope naweek (Saterdag, 23 April) nog ‘n belangrike titel op sy kerfstok gekry toe hy as Afrika-kampioen gekroon is.
Ernie Roets laat wiel in Windhoek.
Roets het aan die Afrika Kontinentale Kampioenskappe (XCO) in Windhoek deelgeneem en die junior-afdeling gewen. Sodoende is hy nou die Afrika-kampioen vir 2022.
Ernie Roets op pad na sy oorwinning in die Afrika Bergfietskampioenskappe in Windhoek, Namibië.
Roets het die oorwinning in 1:06:57 behaal voor die Namibiër Daniel Hahn en Massimiliano Ambrosi van Suid-Afrika in die derde plek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.