Mari-Louise van Zyl (tweede van links) saam met die SA o.14 en o.16 spanne wat in Zimbabwe die land met trots gaan verteenwoordig. Foto’s: Verskaf
Gimmies se top tennisster, Mari-Louise van Zyl, gaan Suid-Afrika vanaf 3-7 Mei met trots by die o.14- o.16 ITF Sentraal Afrika kampioenskappe in Zimbabwe verteenwoordig.
Hierdie toernooi dien as kwalifiserende ronde vir die Afrika-kampioenskappe. Nege nasies, naamlik Zimbabwe, Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Mosambiek, Angola, Madagaskar, Mauritius en Swaziland sal hieraan deelneem.
Mari-Louise is een van drie o.16 dogters wat vir die SA span gekies is, saam met Donna le Roux en Kaitlyn Ramduth.
Van Zyl het juis ook onlangs die nasionale SA o.16 enkelspel-titel verower en gaan met baie selfvertroue in hierdie toernooi in waar sy haar land en skool breed sal wil laat glimlag.
Mari-Louise van Zyl gaan Suid-Afrika se o.16-span in Zimbabwe verteenwoordig tydens ‘n ITF Suidelike Afrika-toernooi.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.