
Potchefstroom Gimnasium se skuts het in die derde NW skyfskietliga hulle vernuf weer eens bewys.

Die jong o.14 skut, Nico Jordaan, was een van die vele uitblinkers vir sy skool. Hy behaal die hoogste tellings in die lêposisie, staanposisie, knielposisie sowel as die 10m-afdeling.
Zoey-Jane Holding behaal ook die hoogste telling vir dogters in die 10m-afdeling. Kaylene du Plessis behaal die hoogste telling in die lêposisie vir o.16. Li-Mei Coetzee behaal die hoogste telling vir dogters in die 10m-afdeling.
Die algehele uitslae van Gimmies se skuts is as volg:
o.14
1. Nico Jordaan
2. Zoey-Jane Holding
3. Casper Badenhorst
o.16
2. Cobus van Rooyen
4. Kaylene du Plessis
5. Li-Mei Coetzee
o.21
4. Ruhan van der Merwe



