SportSport

Swem gee hoop na ernstige fietsongeluk

Slegs ‘n jaar gelede op 30 April 2021 kon Dawid se lewe baie anders uitgedraai het, toe hy met sy fiets geval het en bloeding onder sy skedel gekry het.

Al het ‘n ernstige kopbesering die 12-jarige Dawid Rossouw se rugbydrome stopgesit het dit vir hom ‘n nuwe geleentheid gegee om sy sporttalent uit te leef.

Slegs ‘n jaar na ‘n fietsongeluk, waar Dawid bloeding onder sy skedel na die val gekry het, swem hy nou wonderbaarlik die water aan die brand.

Hierdie swemmer wat verbonde aan die NWU Junior Swemklub en ‘n graad 7-leerder by Laerskool Baillie Park is, het in April by die SA Nasionale Junior Swemkampioenskappe ‘n silwer medalje in die 50m kruipslag behaal en die top 7 in al sy ander items behaal.

Slegs ‘n jaar gelede op 30 April 2021 kon Dawid se lewe baie anders uitgedraai het, toe hy met sy fiets geval het en bloeding onder sy skedel gekry het.
Hy word per ambulans na die hospitaal in Pretoria gehaas waar sy frontale lob verwyder is om die bloeding onder sy skedel te stop. Na hierdie Craniectomie spandeer Dawid 1 week in die intensiewe sorgeenheid en mis ‘n maand se skoolaktiwiteite.

Dawid met sy toekennings.

Die gevolg van sy beserings is dat hy geen rugby of enige kontaksport meer kon beoefen nie. Dit was vir Dawid baie sleg, aangesien hy baie lief is vir rugby en graag deelgeneem het vir Laerskool Baillie Park.
Sy swemafrigter, Van Zyl Brand, stap die pad tot by die nasionale kampioenskappe met Dawid en speel so ‘n groot rol dat swem nou hierdie 12-jarige se grootste liefde geword het.

Dawid Rossouw (12) saam met sy swemafrigter, Van Zyl Brand.

Dawid gee sy alles vir swem en hierdie sport het nou sy grootste liefde geword. By sy swemklub se jaarlikse prysuitdeling verwerf hy 4 trofees.

Dawid Rossouw met sy silwermedalje wat hy by die SA Junior Swemkampioenskape verower het. Hy het wonderbaarlik herstel nadat hy verlede jaar ernstige beserings in ‘n fietsongeluk opgedoen het.

“Ons is Dankbaar dat Dawid se lewe gespaar is en daar vir hom nog ‘n kans gegee is om die talent wat hy ontvang het te kan uitleef,” noem Tania, Dawid se ma.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button