SportSport

Luiperds gee nie ’n tree terug teen Goshawks

Die Luiperds se verdediging het sterk gestaan teen ’n Goshawks span wat die laaste drie wedstryde wat hulle gespeel het, hoog gevlieg het.

Die Luiperds het verlede naweek met 35 – 0 teen die Goshawks van Zimbabwe geseëvier.
Die Luiperds se verdediging het sterk gestaan teen ’n Goshawks span wat die laaste drie wedstryde wat hulle gespeel het, hoog gevlieg het.
Tot hulle teen Pretorius se troepe te staan gekom het, waarna hulle vlerke geknip is.
Volgens André Pretorius, hoofafrigter van die Luiperds, kan die feit dat hulle nie ’n punt afgestaan het nie ’n verskil vir hulle maak.
Duren Hoffman het 15 van die span se 35 punte aangeteken.
“Ek is regtig gelukkig met die span. Ons het stadig begin, maar die ouens het mooi vasgebyt met was ons wil doen. In die tweede helfte toe ons in die wind in speel het dit ons forseer om die bal te hou. Daar sal altyd iets wees waaraan ons moet werk, en dit is wat ons nou doen. Ons vat dit nou eintlik sessie vir sessie. Ons sien baie uit na die volgende wedstryd in Kenia om saam met die span op toer te gaan,” het Pretorius gesê.
Die Luiperds gaan hierdie naweek teen die Simbas van Kenia, in Nairobi te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button