Die eersterugbyspan van Hoërskool Ferdinand Postma, gaan komende Saterdag in die eindstryd van die Luiperds kleinskoleliga teen Koster te staan kom.
“Ons skuld hulle ietsie. Ons is reg vir hulle en dit het nou so gebeur dat dit op’n finaal is, maar ons gaan niks verander nie. Net bietjie meer energie inbring en alles Saterdag op die veld los,” het Joe Seerane, hoofafrigter van Ferdies gesê.
Ferdies het gedurende die seisoen met een punt teen Koster verloor. Dit sal die Potchefstromers nog bietjie meer motivering vir Saterdag se stryd gee.
Ferdies het onlangs hulle laaste ligawedtryd teen Orkney Hoërskool gespeel. Hierdie wedstryd het hulle 48 – 5 gewen. Nadat die wedstryd vroeg stop gesit is. Ferdies het deur die seisoen slegs een wedstryd verloor, die een teen Koster. Onder Seerane en Dejon Weyers se leiding het die eerstespan goei gestruktureerde rugby gespeel. Meeste van die spanne in die liga het gesukkel by te bly met Ferdies se aanslae.
Om die liga op so wyse te wen, sal beslis die kersie op die spreekwoordelike rugbykoek vir Seerane en Weyers wees.
Vir meer rugbynuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/