Laerskool Bailliepark het gister (7 Junie) in die Luiperds Laerskole halfeindrondte teen ‘n goed ge-oliede Saamtrek masjien vasgeval.
Die eindtelling was 35 – 15 in die Klerksdorpers se guns.
Saamtrek het vroeg die voortou geneem, maar Baillies was van plan om so maklik op te gee nie. Alhoewel die Potchefstromers baie goeie teenaanval drieë gedruk het, kon hulle nie by Saamtrek se volgehoue struktuur en rotsvaste verdediging hou nie.
Die seuns van Saamtrek is besonders goed afgerig binne die struktuur wat hulle speel. Die voorspelers het verdedigers in die losgemaal ingetrek voordat die bal vinnig by die agterlyn afgestuur is. Saamtrek sou meer punte aangeteken het as daar maar een of twee ekstra aangeë in die agterlyn was.
Bailliepark was die enigste skool van Potchefstroom wie se eersterugbyspan die halfeindrondte behaal het. In die ander halfeindstryd het Laerskool Lahoff ook van Klerksdorp ligte werk van Laersool Olienpark, van Brits, gemaak. Die eindtelling was 51- 5 in die Klerksdorpers se guns.
Dinsdag (14 Junie) gaan dié twee spanne van Klerksdorp in die eindstryd meeding. Die wedstryde word weer op Olënpark gespeel.
Vir meer Rugbynuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



