SportSport

Dekade lange titel droogte vir Klerksdorpers verby

Na ongeveer 12 jaar het Lahoff se eersterugbyspan die Luiperds groot skole titelgistermiddag (14 Junie) verower. 

Na ongeveer 12 jaar het Lahoff se eersterugbyspan die Luiperds groot skole titel gistermiddag (14 Junie) verower.

Hulle het voorheen met juniorspanne dié titel gewen, maar moes lank wag vir hulle eerstespan om die beker te lig.

Hulle het die eindstryd teen Saamtrek, met 21 – 14 gewen. Hulle buurskool het dit nie beslis nie maklik gemaak nie. Die Hoffies moes hard werk om in die laaste vyf minute die wen drie te gaan druk.

Hulle het goed begin met twee vinnige drieë, waarvan een ‘n goeie onderskep drie was, met die telling 14 – 0 het Saamtrek besluit om bietjie rugby van hulle eie te speel.

FOTO: Mario van de Wall

Saamtrek het vir groot gedeeltes van die wedstryd daarna bal in hand gehad en is uiteindelik met twee drieë beloon. Hulle was gevaarlik op die aanval, een of twee anderse besluite kon dalk die wedstryd in hulle guns laat gaan.

Lahoff het op sy beurt  ook gevaarlik op die aanval gelyk. Met min tyd oor het Lahoff se binnesenter, verdedigers geklop om te gaan druk.

Duikslae wat op kritieke tye gemis is, en besluitneming was op die ou einde die enigste verskil tussen die twee spanne. Vir ‘n beter eindstryd kon mens nie vra nie. Albei spanne is goed afgerig maar met die einde van die seisoen is dit tyd om die vreugde vure te laat brand en vir ander om wonde te lek en nog sterker volgende jaar terug te kom.

Die ander uitslae van die groot skole liga is sos volg:

GROOT SKOLE
WENNERS                                  NAASWENNERS
0/13 A : La Hoff                          Saamtrek
0/13 B : Mooirivier                      Baillie Park
0/13 C : Baillie Park                     Saamtrek
0/13 D : Mooirivier                     Baillie Park
0/11 A : Mooirivier & Saamtrek GEEN
0/11 B : Mooirivier                      Baillie Park
0/10 A : Saamtrek                       Mooirivier
0/10 B : Mooirivier                      Baillie Park
0/9 A : Saamtrek                         Mooirivier
0/9 B : Baillie Park                       Mooirivier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button