SportSport

Maties ‘klop’ NWU sonder om bal te skop

Die NWU is 'n plek in die USSA-eindstryd kwyt nadat hulle effektief vyf minute laat vir hulle halfeindstryd teen Maties opgedaag het. 

Die NWU is ‘n plek in die USSA-eindstryd kwyt nadat hulle effektief vyf minute laat vir hulle halfeindstryd teen Maties opgedaag het.

Volgens Mervyn Taylor, hoof van Rugby by die NWU, is die bepalings Maandagaand verander.

Die spanne is per Whatsapp oor die veranderinge ingelig, maar die boodskap het glo nooit by die NWU uitgekom nie. Suid-Afrika gaan die afgelope paar weke swaar onder beurtkrag gebuk, wanneer die krag af is, veroorsaak dit netwerk probleme.

“Dit is deels ons fout ook, ons moes die regte inligting gehad het, maar mens maak mos ‘n rugbybesluit. Maar dit is nou wat dit is en ons beweeg vorentoe. Nou sal ons vir die derde plek uitspeel,” het Taylor by navraag gesê.

Die reëls van die kompetisie sê dat ‘n span 15 minute grasie het om vir ‘n wedstryd op te daag. Die NWU was 20 minute laat vir die wedstryd.

Volgens onberispelike bronne het die NWU afrigters selfs aangebied om hulle opwarmingstyd prys te gee. Die spelers het glo in die bus klaar begin aantrek. Die Maties afrigters het besluit dat hulle nie wil voortgaan met die wedstryd nie waarna Maties deur na die eindstryd sonder dat daar ‘n bal geskop is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button