SportSport

Caputter jou Yster!

Caput het hulle Koshuisliga-titel wat hulle in 2019 verower het, gisteraand (7 September) verdedig.

Caput het hulle Koshuisliga-titel wat hulle in 2019 verower het, gisteraand (7 September) verdedig.

Caput se 1ste en 2de spanne het in die Superliga-finaal gespeel en albei het die goud huis toe gebring. Albei wedstryde was ook teen Patria gewees.

Caput het vroeg in die eerstespan wedstryd die voortou geneem, en nooit weer die voorsprong op gegee nie. Alhoewel Patria se verdediging op die aand baie sterk was, het die Rooikatte hulle kanse gebruik om uiteindelik die wedstryd 20 -12 te wen.

Pelser Maloney duik oor vir een van Caput se drieë FOTO: Tian du Preez

Patria het ‘n dapper terugvegpoging in die tweede helfte geloots, maar kon net nie die uitklophou slaan nie.

Verlore lynstane was ‘n groot probleem vir Patria op die aand. Dit was ‘n baie fisieke stryd, soos Koshuisrugby gewoonlik is.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Caput, was dit ‘n wedstryd van twee helftes.

In die eerste helfte het ons al die speelwerk gedoen met die meeste gebied, maar ons het nie genoeg punte op die bord gesit nie. Ons het ‘n paar keer lyn toe geskop wanneer ons pale toe moes gaan. In die tweede helfte het ons baie strafskoppe weens oorgretigheid afgestaan.  Ons het besit verloor weens spelers wat bal goed opgevat het maar dan geïsoleerd was met die ondersteuning wat net ‘n sekonde te laat is. Strafskoppe in die tweede helfte het Patria kans gegee om terug te kom in die wedstryd. Caput se verdediging het weereens die fondasie gelê vir die wedstryd,” het Stewart gesê.

Volgens hom alhoewel het die harde werk en karakter die resultate gebring.

Caput nie die getalle het nie, maar het gedurende die seisoen gewys dat hulle  teen enige span kan drieë druk. Die uitdaging was om die aanval te komplimenteer met rots vaste verdediging. Ek dink ons het die balans goed reg gekry by albei spanne,” het Stewart gesê.

Volgens Garann Kriek, hoofafrigter van Patria, het Caput hulle plan bloot beter uitgevoer as Patria.

“Ons lynstane het ons lelik in die steek gelaat. Ons kon nie aan die gang kom as ons nie die bal gehad het nie. Dit maak dit ook nie makliker om met 13 ouens te speel nie,” het Kriek gesê.

Patria het in die eerste helfte twee geelkaarte gekry.

Volgens Philip Malan, organiseerder van die Koshuisrugby, was dit ‘n taai seisoen vir almal, juis omdat dit in ‘n kort tydjie gespeel is.

“Dit was steeds ‘n baie suksesvolle seisoen, die ouens wat bo uitgekom het, het ware karakter gewys. Ek dink dié liga het gewys dat dit een van die sterk voedingsbronne vir die universiteit se rugby kan wees,” het Malan gesê.

Al die spanne sal nabetragting doen en beplan vir volgende jaarse opwindende toernooi.

Die ander uitslae van die aand is as volg:

Superliga 1 Caput wen vir Patria

Superliga 2 Caput wen vir Patria

Superliga 3 Overs  wen vir Patria

Premierliga 1 Excelsior wen vir Hombre

Premierliga 2 Excelsior wen vir Laureus

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button