Potch Volkies se o.15A krieketspan hou aan om wenkrieket vanjaar te speel met nog ‘n oortuigende oorwinning in vanjaar se NW-liga op Saterdag, 3 September.
Volkies het teen Hoërskool Lichtenburg se o.15A’s kragte gemeet en hulle met 280 lopies oorrompel.

Volkies wen die loot en besluit om eerste te kolf. Weereens skitter Themba Sontjane met die kolf en moker 135 (111). Eduan van der Merwe mis net-net uit op ‘n hondertal met ‘n verwoestende 98* (48).
Ruan Smit slaan ook 96 (120) in Volkies se totaal van 391/4 na 50 beurte.
Lichtenburg se kolwers het geen antwoord op Volkies se giftige boulaanval nie en word vir 111 in 31.4 beurte uitgeboul.
Olefa Padi neem 3/33 in 7 beurte en Nolan Roets 2/15 in ses beurte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



