
Pragtige oranje-rooi kleibane is nou deel van NWU Tennis se puik fasiliteite op die Fanie du Toit Sportgronde.
Riaan Venter, hoofafrigter van NWU tennis en eienaar van die Riaan Venter Tennisakademie by die NWU, is in sy noppies met die splinternuwe klei tennisbane.
Photo: Riaan Venter Tennis Academy/Facebook
“Ek is verskriklik tevrede met die projek. Dit lyk ongelooflik. Op hierdie stadium is die bane nog nie oop vir die publiek omdat die eers onderhou en verder getoets moet word,” noem Venter.
Trompie Sport is verantwoordelik vir die bou en instandhouding van hierdie tennisbane wat die eerste kleibaan fasiliteit in Suid-Afrika is.
Gisteroggend, (Vrydag, 9 September) is die baan vir die eerste keer getoets en Venter noem dat dit baie suksesvol is en dat hy tevrede is met die toetssessie.
“Die personeel wat die onderhoud doen moet nou eers kan verstaan hoeveel water die baan moet kry en hoe hard of los die klei op die baan moet wees. Die baan gaan nou eers vir so 2-3 maande getoets word voordat dit amptelik vir die publiek beskikbaar sal wees,” vertel Venter.









