SportSport

Volkies se krieketspanne maak maalvleis van KHS

Die linkerarm draaier, Diaan van der Merwe neem 5/19 in 7.5 beurte en laat KHS se kolwers bontstaan soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartieboks. 

Volkskool Potchefstroom se eerste en o.15A krieketspanne het die afgelope naweek vir KHS in die Noordwesliga twee krieketlesse geleer.

Die eerste span het vir Klerksdorp Hoër vir slegs 54 in 25 boulbeurte uitgeboul en toe die nodige 55 lopies sonder die verlies van enige paaltjies in 7.5 beurte aangeteken om met 10 paaltjies te wen.

Die linkerarm draaier, Diaan van der Merwe neem 5/19 in 7.5 beurte en laat KHS se kolwers bontstaan soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n Smartieboks.

Die o.15A span wen ook gemaklik met 6 paaltjies nadat hulle vir KHS vir slegs 122 uitgeboender het. Olefa Padi neem 3/23 in 7 boulbeurte. Louis van Wyk skitter weer met die kolf en lei Volkies na die oorwinning met ‘n 53* (58).

Louis van Wyk het ‘n fantastiese vyftigtal aangeteken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button