SportSport

NWU oorwin vir Tukkies in opwindende Varsity Krieket-stryd

'n Uitstekend kolf-en boulvertoning het die sege vir NWU hoofafrigter, Conrad de Swardt, se span verseker en die verdedigende kampioen in 'n taai en kompeterende wedstryd verslaan. 

Die NWU het vir die tweede keer in twee dae die oorhand oor Tukkies gekry toe die Varsity Krieketspan vandag (Maandag, 3 Oktober) vir Tukkies met 13 lopies in die openingswedstryd van die 2022 Varsity Kriekettoernooi in Pretoria geklop het.

‘n Uitstekend kolf-en boulvertoning het die sege vir NWU hoofafrigter, Conrad de Swardt, se span verseker en die verdedigende kampioen in ‘n taai en kompeterende wedstryd verslaan.

Foto’s: Catherine Kotze/ASEM Engage

Die NWU het eerste gekolf en ‘n skaflike totaal van 185/4 in hul 20 boulbeurte behaal. Eben Botha met 32 ​​(15) en die speler van die wedstryd, JP King, met 55 (40) het van vroeg af in die Tukkies-boulers ingevaar. NWU-kaptein, Chris Britz, het ook ‘n goeie 56 (42) aangeteken om die momentum aan die gang te hou in die kolfbeurt.

Tukkies was vasbeslote om hul stempel op tuisveld af te druk en het goed begin met Jiveshen Pillay (29 van 16), Wisani Mishwana (30 van 26) en Jack Lees (24 van 17) wat die bal grens toe gemoker het.

Die NWU-boulers, Edumisa Dlulemnyango (2/33), Jesse James Albanie (2/34) en Hardus Coetzer (1/26) het met deurslaggewende paaltjies vir Tuks teruggepen. Op ‘n stadium het Tukkies 89 lopies vanaf 54 balle benodig met 7 paaltjies in hulle sak.

Die stygende lopietempo, val van paaltjies en goeie ekonomiese boulwerk van die NWU was wel te veel vir Tuks wat op die ou einde die knie moes buig.

Die NWU speel nou om 13:40 in hulle tweede wedstryd van die dag teen die Madibaz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button