SportSport

Puik draaiboulwerk neem NWU na skitterende sege

Die NWU se draaier, Caleb Seleka het 5/10 in drie boulbeurte behaal om vir Madibaz vir 'n skamele 61 uit te boul. 

‘n Oortreffende boulvertoning van die NWU het vir ‘n tweede sege vandag in die 2022 Varsity Kriekettoernooi met 88 lopies teen die Madibaz gesorg. Die NWU se draaier, Caleb Seleka het 5/10 in drie boulbeurte behaal om vir Madibaz vir ‘n skamele 61 uit te boul.

JP King (2/15) het goeie ondersteuning vir Seleka, ‘n voormalige Potchefstroom Gimnasium leerder.

Die NWU openingskolwers, Eben Botha en JP King. Foto: Christiaan Kotze/Asem Engage

Die NWU het eerste gekolf en daarin geslaag om 149/6 saam te stel. ‘n Belowende openingsvennootskap van 43 lopies tussen JP King (22 van 19) en Eben Botha (25 van 15) het die platform gelê, voor Hardus Coetzer se onoorwonne 25 die beurt afgesluit het.

Caleb Seleka van die NWU het met 5/10 geskitter teen die Madibaz. Foto: Catherine Kotze/Asem Engage.

Op die ou einde was dit meer as genoeg lopies om ‘n oorwinning te verseker danksy die vurige boulaanval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button