SportSport

NWU en Maties gaan mekaar in Varsity Krieketfinaal pak

Hierdie eindstryd beloof om 'n titaniese kragmeting tussen die enigste twee onoorwonne spanne in die toernooi te wees. 

Die NWU se Varsity Krieketspan het ‘n begeesterde CUT span vanmiddag met vyf lopies in Varsity Krieket half-eindstryd geklop om hulle plek in Woensdag (5 Oktober) se eindstryd teen Maties te bespreek.

Hierdie eindstryd beloof om ‘n titaniese kragmeting tussen die enigste twee onoorwonne spanne in die toernooi te wees.

Foto’s: Christiaan en Catherine Kotze/ASEM Engage

Die NWU se JP King, Eben Botha en kaptein, Chris Britz, is vanjaar van die voorste lopiemakers in die toernooi, terwyl Caleb Seleka en Hardus Coetzer albei met die bal skitter.

Die NWU se JP King en Maties se Benjamin Ward het sover fantastiese toernooie vir hulle spanne. Foto: Catherine Kotze/Asem Engage.

Vir Maties sal die snelbouler, Phillip Kleynhans, die die draaier, Benjamin Ward, die troefkaarte wees. Ward het juis teen Tukkies in die ander halfeindstryd vandag ‘n driekuns (en vier paaltjies) in een boulbuert behaal om vir Tukkies vir slegs 76 uit te boul.

Maties klop sodoende vir Tukkies gemaklik met 8 paaltjies. Die Stellenbosch span maak ook staat op ‘n sterk kolforde met George van Heerden, Ruan Terblanche en Michael Copeland wat top kolwers is.

Die NWU het vandag teen CUT gelyk of hulle ‘n gemaklike oorwinning sou behaal maar ‘n kragbeurt (powerplay over) het die Potchefstromers 32 lopies gekos, aangesien elke lopie verdubbel word. Sodoende het CUT se Delano Williams met 26* (9) amper die oorwinning uit die NWU se hande geneem.

Die NWU se helde met die kolf was Heinrigh Pieterse 48 (41) en Taheer Isaacs 28 (22) in hulle groottotaal van 157/6 na 20 boulbeurte.

Dit was op die ou einde deurslaggewend aangesien NWU se boulers toe met genoeg lopies kon speel om CUT in ‘n blik te druk.

*Woensdag (5 Oktober) se eindstryd vind om 12:00 op die Tuks-Oval plaas. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button