SportSport

Foto’s: NWU val vas in Varsity Krieketfinaal teen Maties

Al het die NWU ‘n totaal van 161/5 op die telbord gesit danksy JP King se onoorwonne 75 (53) en Eben Botha se spoedige 56 (38), was dit net nie genoeg om Maties se sterk kolforde te stuit nie.

Dit was ‘n geval van “wat-as” vir die NWU se Varsity Krieketspan toe hulle met 5 paaltjies teen Maties die knie moes buig in Woensdag, 5 Oktober se Varsity Krieket-finaal in Pretoria.
Al het die NWU ‘n totaal van 161/5 op die telbord gesit danksy JP King se onoorwonne 75 (53) en Eben Botha se spoedige 56 (38), was dit net nie genoeg om Maties se sterk kolforde te stuit nie.

Foto’s: Christiaan Kotze/Asem Engage

Maties se wedstrydwenners in hulle telling van 164/5 was hulle kolwers, George van Heerden met 35 (28), kaptein Lehan Botha* 25 (29) en Don Glover 21 (8) wat die teiken in 17.4 boulbeurte behaal het.
Glover het die wedstryd op triomfantelike wyse met ‘n ses beklink.

Die NWU sal voel dat hulle in ‘n baie goeie posisie was om die wedstryd te wen met ‘n openingsvennootskap van 118 tussen Botha en King.

Die Maties draaier, Benjamin Ward (2/40), het skade aangerig toe hy vir Botha en NWU kaptein, Chris Britz vir 0 in dieselfde beurt uitgeboul het. Aangesien dit ‘n kragbeurt was, het Maties ook 10 ekstra lopies by hulle totaal gekry toe hulle moes kolf.

Phillip Kleynhans (2/18) was ook een van Maties se sterre met die bal.
Die NWU se boulers het hulle bes probeer om Maties se sterk kolforde met twee vinnige paaltjies te stuit, maar kon net nie die lopietempo laag genoeg hou nie.

Edumisa Dlulemnyango (2/22) en Caleb Seleka (0/16) was ekonomies en NWU se beste boulers in die finaal.
Opsommend het die NWU ‘n goeie toernooi gehad met Eben Botha (227) wat die top lopiemaker in die toernooi was. JP King (188) is in die derde plek. Botha slaan ook die meeste sesse (12) en viere (25) en slaan die enigste honderdtal van die toernooi met 113* (58).

Benjamin Ward van Maties neem die meeste paaltjies (13). Die NWU se beste bouler van die toernooi is die draaier, Caleb Seleka met 9 paaltjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button