Na vyf dae op die pad het Volkies se fietsryers, wat ‘n spesiale fietstoer meemaak as deel van die skool se eeufeesvieringe, in Stellenbosch gearriveer. Tien fietsryers het op Vrydag, 30 September vanaf die skoolgronde om 09:30 die fietstoer amptelike begin.
Tien fietsryers het hulle doel bereik toe hulle elkeen ‘n minimum van ‘n 100km afgelê het tydens in hierdie fietstoer wat tot en met 9 Oktober duur.
Foto’s: Volkies Fietsry/Facebook
Christian Brits, Zanri Grobbelaar, Christelle Engelbrecht, Josef Botha, Tiaan de Villiers, Tiaan Bekker, Ilnè du Preez, Zandré Stemmet, Johan Malherbe, Janco Stemmet – Gr7 en Divan du Preez – Gr 6 neem aan hierdie fietstoer deel.
Hoër Volkskool se Eeufeesvieringe gaan beslis met baie pret gepaard en hierdie historiese fietstoer is beslis een van die spesiale oomblikke wat hierdie skool se ryke tradisie vier.
Die fietstoer het deur Christiana, Douglas, Prieska, Carnavon, Sutherland, Wellington en tot Stellenbosch gegaan. Die uitsigte was asemrowend terwyl die gasvryheid van die plaaslike gemeenskappe ook uit die boonste rakke was.
Die professionele bergfietsryer, Gert Heyns het ook vir ’n goeie opleidingsessie vir die fietsryers by Coetzenberg in Stellenbosch gesorg.








