SportSport

NWU en Kovsies spook sake uit in Varsity Netbal semi-finaal

Al het die NWU teen Kovsies in die groepfase wedstryd die afgelope Maandag die knie met 56-50 gebuig, was daardie wedstryd eintlik net ‘n voorsmakie van die opkomende semi-finaal

Die NWU se Varsity Netbalspan maak komende Maandag, 10 Oktober gereed vir ‘n halfeindstryd kragmeting teen Kovsies.

Al het die NWU teen Kovsies in die groepfase wedstryd die afgelope Maandag die knie met 56-50 gebuig, was daardie wedstryd eintlik net ‘n voorsmakie van die opkomende semi-finaal – ‘n Spreekwoordelike kleedrepetisie vir die groot wedstryd wat weer in die Callie Human-saal in Bloemfontein sal plaasvind.

Die NWU het hulle plek in die halfeindstryde reeds verseker toe hulle Tukkies Sondag, 2 Oktober met 68-59 geklop het.

Die sterre vir die NWU was hul Protea doel, Elmeré van der Berg en Keke Molotsi op verdedigende vleuel. Sanmarie Visser, Nicolene van Heerden en Martiné Jordaan het ook elkeen op verdediging hulle staal gewys met goeie posisionering op die baan.

“Ek dink my span het baie goed saam begin verdedig en as ‘n eenheid tot aan die einde geveg vir die wen,” het NWU afrigter, Elsunet du Plessis na afloop van die wedstryd teen Tukkies genoem. Al die fokus is nou op die halfeindstryde. Die NWU sal uit hulle foute leer en sal graag die resultaat teen Kovsies wil omswaai vir ‘n plek in die eindstryd teen Maties of UJ, wat Tukkies geklop het om die top 4 te haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button