
Die Zambucks wat Potch Dorp Rugbyklub by die Klerksdorp sewestoernooi verteenwoordig het, het dié klub se naam in die klub 2 liga hoog gehou.
Volgens Christiaan de Klerk, mede-kaptein van dié span, het hulle 2 uit 3 van hulle poelwedstryde gewen en 1 uit drie van die uitspeelwedstryde gewen.
“Vir baie van ons was dit nie ons eerste Klerksdorp sewes nie, en verseker ook nie die laaste nie. Dit is altyd n baie lekker toernooi, wat goed georganiseer word. Definitief die hoogtepunt van ons seisoen. Ons het in Klub 2 gespeel, ‘n baie sterk liga. Ons was die enigste verteenwoordigende Potch Dorp Rugbyklub span, en ek dink ons het veral in daardie hoë liga goed gedoen,” het De Klerk gesê.

Volgens hom beplan hulle hom volgende weer in die Klub 2 liga te speel en ook om aan verskeie Luiperds sewes toernooie deel te neem.



