Volkies Potchefstroom se eerste krieketspan speel weer vanjaar (13-16 Oktober) in die Noord-Suid Skole T20-toernooi en sal nes in vorige jare weer hulle stempel wil afdruk teen die land se top skole.
Volkies is vanjaar in in Groep A saam met Wynberg Boys High, St Stithians College en Grey PE. Ander skole en groepe sluit in Waterkloof, SACS, Grey College, St Charles College (groep B), Centurion, Paarl Boys High, St. Andrews (Bloem), Westville Boys High (groep C), Menlopark, Rondebosch Boys High, Nelspruit en St Andrews College (Grahamstad) (groep D).
Die trekking van die verskeie groepe het op 20 September regstreeks plaasgevind op die Groot Ontbyt op KykNet. Volkies is hierdie jaar weer die enigste skool in NW wat genooi is na hierdie gesogte toernooi.
Corné Prinsloo sal Volkies as kaptein aanvoer met Wynand Schmitt, Andries Huisamen en Wiehan Strydom as afrigters.
Volkies se eerste wedstryd is vanmiddag (Donderdag, 13 Oktober) teen Wynberg Boys High om 14:00 by Hoërskool Centurion.
Vrydag (14 Oktober) speel Volkies teen St. Stitihians om 09:00 en teen Grey High PE om 14:00 albei op die Hammanskraal se Krieketvelde.
Die span lyk as volg:
1. Ludwich Schuld
2. Corné Nel
3. Corné Prinsloo
4. Attie Liebenberg
5. John van Wyk
6. Diaan van der Merwe
7. Janco Moolman
8. Lunga May
9. Christiaan Smit
10. Dian Liebenberg
11. Kobus Pienaar
12. Divan Coetzee
13. Louis van Wyk




