
Dit was ‘n teleurstellende dag vir Volkies op die krieketveld toe hulle teen Hoërskool Waterkloof die knie moes buig in die 2022 Noord-Suid T20 finaal in Pretoria.
Volkies is vanoogend (Sondag, 16 Oktober) almal vir 120 uitgeboul met Corné Prinsloo 38 (25) en Corné Nel 25 (19) wat op stadium met die telling op 61/1, goed op dreef was. Hulle paaltjies het die deur vir Waterkloof oopgemaak en ‘n middel en laeorde ineenstorting het toe gevolg.
Waterkloof se naatbouler, Alexander Volschenk was met 4/15 die top bouler. Klofies se Wihan Ruthven (2/15) is ook ekonomies met sy draaiballe.
Volkies se boulers kon nie die klein totaal verdedig nie met Waterkloof se Luka Kruger (51* van 44 balle) en Ruthven se 38 (16) wat hul span na oorwinning neem met 41 balle oor.
Ten spyte van die nederlaag het Volkies ‘n fantastiese toernooi beleef en het vir hul tweede plek prysgeld van R25 000 ontvang.
Die span het ‘n paar groot skole laat les opsê en bewys dat Volkies glad nie onderskat kan word nie.




