Foto’s: Volkies se boulers draai Gimmies om hul pinkie in ongelooflike NW-eindstryd
In ’n boulvertoning wat monde sal laat water, het Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan linkerarm draaier, Diaan van der Merwe, met 6/7 die tafel gedek vir sy span se 27-lopie oorwinning in die NW-finaal teen hul aartsvyande, Potchefstroom Gimnasium.
In ’n boulvertoning wat monde sal laat water, het Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan linkerarm draaier, Diaan van der Merwe, met 6/7 die tafel gedek vir sy span se 27-lopie oorwinning in die NW-finaal teen hul aartsvyande, Potchefstroom Gimnasium.
Van der Merwe het soos ’n meesterlike sjef presies geweet hoe om die beste uit sy boulbestanddele te kry om Gimmies se kolwers op ’n grysgrou dag (Woensdag, 19 Oktober) op die Gimmie-Oval te roer.
Hier is hoe Volkies se Van der Merwe vir Gimmies teen die toue gehad het (Foto’s: Wouter Pienaar)
- Gimmies is vir ‘n skamele 63 in 25 boulbeurte op die ’n moeilike kolfblad uitgeboul.
- Volkies is vroeër die oggend vir slegs 90 in 31.3 boulbeurte uitgeboender voor ‘n volgepakte pawiljoen met Gimmie-leerders wat hulle aanspoor.
Toe die klok lui en die ondersteuners terugbeweeg klasse toe na pouse, toe sak Volkies se boulers toe soos honger haaie opsoek na bloed.
Eweskielik was daar ’n stilte, want toe bring Volkies en Van der Merwe die storm.

- Volkies se boulers wys toe behoorlik hulle aptyt vir die titel toe hulle 10 paaltjies vir 27 lopies neem.
Gimmies se aanvangskolwers het ‘n goeie platform probeer skep…
…maar,Van der Merwe het draaiballe opgedis waarvoor Gimmies geen antwoord gehad het nie. Hy het paaltjies soos soetkoek ingeryg en voor sy spanmaats hulle oë kon uitvee was hul naam op die NW-trofee.

- Dit was toepaslik dat Volkies se kaptein, Corné Prinsloo (2/22) die laaste paaltjie van Wian Herbst (6) neem, aangesien hy ook die ineenstorting begin het met die belangrike paaltjie van Martin Bullock wat 27 van 22 balle gemoker het.
Gimmies se boulers het vroeër ook amok gesaai toe hul Volkies vir 90 uitgeboul het. Die draaiers, Phillip du Plessis (4/10) en Marnu Cronjé (2/18) was uitstekend terwyl die linkerarm swaaiballe van Zavier van Rensburg (3/14) ook Volkies laat sweet het.













