SportSport

Twee NWU atlete verower gesogte toekennings

Die top sportmans en- vroue van die Noordwes Universiteit is op Dinsdag, 18 Oktober vir hulle uitnemendheid in verskeie sportkodes vereer.

Die top sportmans en- vroue van die Noordwes Universiteit is op Dinsdag, 18 Oktober vir hulle uitnemendheid in verskeie sportkodes vereer.

Die gesogte senior NWU Sportvrou van Jaar toekenning is aan die spiesgooier, Jo-Ané van Dyk, toegeken na sy weer eens haar staal gewys het en aan verskeie internasionale byeenkomste soos die Afrika Spele, Statebondspele en Wêreldatletiekkampioenskappe deelgeneem het. Hierdie SA en Afrikakampioen het ook vanjaar die 60m kerf oorgesteek. Haar persoonlike beste afstand is nou 61.61 meter.

Foto’s: Tian du Preez

Jo-Ane van Dyk is as die Senior Sportvrou van die Jaar aangewys. Dr. Sibusiso Chalufu, die uitvoerende direkteur van studentelewe by die NWU, het die trofee oorhandig.
Alan Cumming is as die senior sportman van die jaar aangewys.

Die senior sportman van die jaar is aan nog ‘n atleet, Alan Cumming toegeken. Hierdie hamergooier het SA in die Statebondspele verteenwoordig en is ook die huidige SA en Afrikakampioen met ‘n persoonlike beste gooi van 73 meter.

Twee uitsonderlike dames, Christa Ramasimong (Hokkie) en Karmen Fouché (Atletiek) deel die Junior Spotrvrou van die Jaar toekenning. Albei het hul land in hule onderskeie sportkodes met eer verteenwoordig en ‘n baie goeie jaar beleef.

Karmen Fouche en Christa Ramasimong is albei gesamentlik wenners van die junior sportvrou van die jaar toekenning.

Die NWU Junior Sportman van die Jaar toekenning gaan aan Arno Steyn vir Silhoeëtskiet. Steyn het internasionaal uitgeblink in Swede tydens die wêreldkampioenskappe vyf goue medaljes verower.

Arno Steyn verower die junior sportman van die jaar toekenning
Sheldon Rostron, direkteur van NWU Sport aan die woord. Volgens hom kan die NWU trots wees op hul prestasies en voortbou na nog groter hoogtes.

Die NWU se span vanjaar gaan aan die Rugby Sewesspan wat die USSA-titel vanjaar verower het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button