SportSport

Potch Dorp boul Mafikeng uit vir slegs 11 lopies

Pieter Wiid neem ses paaltjies vir vier lopies in 'n boulvertoning wat hy nie sal vergeet nie.

Potchefstroom Dorp Krieketklub se eerste span het die afgelope naweek in die Noordwes Premier Klubkrieketliga vir Mafikeng 1 behoorlik met hul sterte tussen hul bene huis toe gestuur.

Mafikeng is tot ‘n skamele 11/9 in 7.4 boulbeurte beperk. Potch Dorp behaal die teiken in slegs 11 balle en in minder as ‘n uur is die wedstryd verby.

Pieter Wiid neem ses paaltjies vir vier lopies in ‘n boulvertoning wat hy nie sal vergeet nie. JP le Roux neem ook 3/7. Hulle is die enigste boulers wat Potch Dorp op die dag gebruik het.

Hier is die telkaart van verlede naweek se aksie:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button