SportSport

KFA Potch se skopboksers wys staal in Italië

Drie van Shihan Johan van der Schyff se studente het tot die kwarteindrondte deurgedring.

Die studente van KFA Potchefstroom skopboksklub het vanaf 30 September – 9 Oktober in die pragtige Lido di Jesolo in Italië, hulself goed van hul taak gekwyt by die 2022 Skopboks Wêreldkampioenskappe.

Foto’s: Verskaf

Drie van Shihan Johan van der Schyff se studente het tot die kwarteindrondte deurgedring. Leoneze Liebenberg, Talbert Joubert en Kaylinn Pretorius het bewys dat hulle teen die wêreld se bestes kan kompeteer. Jayden Snyman het ook vir hierdie kampioenskappe gekwalifiseer maar kon weens mediese redes nie deelneem nie.

“Dis baie goed en nou het hulle op die rangorde in die wêreld ook baie opgetel. Skopboks is op die kortlys om in 2028 as Olimpiese Sportsoort erken te word so die rangorde tel baie vir die vegters,” noem Van der Schyff.

Liebenberg, ‘n Potchefstroom Gimnasium leerder, het 9de in die wêreld in elk van haar style (points, light-contact en kicklight) behaal. Die kompetisie was uitdagend, maar dit was fantasties om haar ondervinding op te bou.

Die SA span het in totaal 10 medaljes (1 goud en 9 brons) verower met 43 atlete wat deel van die Suid-Afrikaanse span was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button