SportSport

Gimmies en Volkies in Noordwes krieketspanne opgeneem

Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se uitnemende krieketspelers is vir hulle goeie spel vanjaar vereer en is in onderskeie Noordwes Krieketspanne opgeneem

Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom se uitnemende krieketspelers is vir hulle goeie spel vanjaar vereer en is in onderskeie Noordwes Krieketspanne vir vanjaar se KSA Streeks-en Nasionale Weke opgeneem.

By die o.15’s is Gimmies se Juandré Barends, Braam Nel en Righardt Joubert opgeroep met Olefa Padi, Eduan van der Merwe en Lesedi Khumalo wat ook deel van die o.15’s uitmaak.

By o.16-vlak by Gimmies is Caiden Seleka en Tommie Botha en by Volkies is Themba Sontjane, Louis van Wyk en Attie Liebenberg opgeroep.

By die o.17-span is Gimmies se Ruan Lotz, Zavier van Rensburg en Marnu Cronjé gekies met Divan Coetzee van Volkies wat ook deel maak van die span.

Die groot kanonne van die o.19 Noordwes Khaya Majola-span is Volkies se lopiemasjiene, Corné Prinsloo, Ludwich Schuld, die snelbouler, Lunga May sowel as Gimmies se vuurvreter kolwer en draaier, Martin Bullock.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button