Local newsNewsNews

Damme loop oor en kan vloedgevaar inhou

Sluise by Potchefstroom Dam is ook vanoggend oopgetrek om ekstra spasie te maak vir water wat vanag Klerkskraal-en Boskopdam verwag word.

Die aanhoudende reënval oor die afgelope paar dae is besig om water op te stoot en kan vloedgevare inhou.

Inwoners word alreeds gemaan om nie riviere of strome te kruis nie, aangesien die water mense kan meesleur. Daar is ook ‘n gevaar dat huise wat naby aan die Mooirivier grens ook onder water kan wees, as die reën nie bedaar nie.

Die Departement van Waterwese het vandag (Sondag, 13 November) bevestig dat Klerkskraaldam, Boskopdam en Potchefstroomdam weens die hewige reënval oorloop.

‘n Lugfoto wat die hoeveelheid reënval by Rysmierbult/Muiskraal beklemtoon. Foto: Potchefstroo mFire Protection Association.

Daar het 30 kubieke meter water Potchefstroom Dam vanoggend verlaat en kan ‘n groot invloed op verskeie inwoners in Potchefstroom hê.

Sluise by Potchefstroom Dam is ook vanoggend oopgetrek om ekstra spasie te maak vir water wat vanag Klerkskraal-en Boskopdam verwag word.

Volgens Dr. Kobus Roux, van Potchefstroom Rampbestuur Vrywilligers, sal die afloopwater teen Maandag (14 November) laatmiddag in Potchefstroom Dam verwag word.

“Dit sal ʼn groot effek op die rivier hê deur die dorp waar dit talle plekke die walle sal oorstroom. Die publiek word gemaan om asseblief uit die rivier te bly en nie deur die water te loop nie. Die vloeitempo is bedrieglik vinnig en mag mense meesleur,” het Roux gewaarsku.

Die water van die Mooirivier wat by die Oewersigarea sterk loop. Foto: Potchefstroom First Responders/Facebook.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button