SportSport

Volkies se jong o.15A span woeker by Lance Klusener Krieketfees

Twee oorwinnings, twee nederlae en hope krieketgroei is wat Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan terugbring na hul toer na die Lance Klusener Krieketfees wat vanaf 6 tot 10 Januarie by Durban High School (DHS) plaasgevind het.

Twee oorwinnings, twee nederlae en hope krieketgroei is wat Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan terugbring na hul toer na die Lance Klusener Krieketfees wat vanaf 6 tot 10 Januarie by Durban High School (DHS) plaasgevind het.

Volkies kom eerste teen KwaZulu-Natal se o.18 Hub-span te staan en verloor met sewe paaltjies. Volkies kolf eerste en kry 91 lopies teen ‘n sterk KZN-span. KZN Hub kry 94/3.

In die volgende wedstryde teen die gasheerskool, DHS, doen Volkies baie beter, maar verloor steeds met 39 lopies. DHS maak 135/3, maar Volkies se kolwers sukkel en word vir 96 in die lopiejaagtog uitgeboul.

Volkies proe oorwinning teen Ashton College na ‘n puik boul-en kolfvertoning. Ashton behaal slegs 89/7 met Volkies wat die teiken gemaklik behaal met 93/3.

In die laaste wedstryd teen Richards Bay o.16 Krieketakademie maak Volkies 143/8 nadat hulle eerste gebruik maak van die blad met die kolf. Theunis Nel slaan 47 (36).

Richards Bay Krieketakademie word beperk tot 78/9. Olefa Padi is die ster hier met syfers van 3/17 en sodoende wen Volkies met 65 lopies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button