SportSport

Twee titels in SA kleure vir Potch tennisspelers

Jahnie, ‘n graad 8 leerder in Potchefstroom Gimnasium, het haar enkelspeltitel in die o.14-kategorie gewen met ‘n 6-2, 6-3 oorwinning teen Roxy Bredenkamp van Suid-Afrika.

Twee van die Riaan Venter Tennisakademie se top spelers, Reuben de Klerk en Jahnie van Zyl het albei enkelspeltitels behaal tydens die o.14 en o.16 ITF/CAT kampioenskappe wat vanaf 7-10 Januarie in Harare, Zimbabwe plaasgevind het.

Hierdie toernooi se doel was om die top land in Suidelike Afrika te kroon wat dan later vanjaar aan die Afrika-kampioenskappe gaan deelneem.

Reuben en Jahnie wat albei deur Riaan Venter afgerig word, sal dus nou Suid-Afrika verteenwoordig later vanjaar teen Afrika se bestes.

Jahnie, ‘n graad 8 leerder in Potchefstroom Gimnasium, het haar enkelspeltitel in die o.14-kategorie gewen met ‘n 6-2, 6-3 oorwinning teen Roxy Bredenkamp van Suid-Afrika.

“Dit was baie lekker en ek het baie geleer as speler. Ek sal graag die top 1000 in die ITF-ranglys vanjaar wil behaal,” noem Jahnie.

Reuben klop vir Connor Doig (RSA) met 7-5 6-1 om met die seuns o.16 titel weg te stap.

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring om in ‘n ander land te gaan speel vir Suid-Afrika. Al die spelers en afrigters het dit regtig die moeite werd gemaak. In die finaal speel ek teen my dubbelsmaat van Durban wat nommer 1 gekeur was en toe wen ek 7-5 6-1,” noem die 15-jarige Reuben.

Reuben en Jahnie was deel van die top 3 spelers in hulle ouderdomskategorie wat vir Suid-Afrika gekies is om aan hierdie toernooi deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button