SportSport

Pa en seun maak Potch trots by Gauteng Padfietsrykampioenskappe

Ryno verkry ‘n eerste plek in die junior mans resies in ‘n tyd van 3:37:34.9.

Die Schutte-gesin het hierdie afgelope naweek weer vir Potchefstroom trots gemaak met puik uitslae by die Gauteng Padfietsry kampioenskappe wat vanaf 21-22 Januarie in Krugersdorp by die Wieg van die Mensdom plaasgevind het.

Dana en sy seun Ryno het in albei die tydtoets en padresies top drie plekke behaal.

Ryno Schutte op pad na oorwinning in die junior mans afdeling tydens die Gauteng Padfietskampioenskappe. Foto:Cyclenation.co.za.

Ryno verkry ‘n eerste plek in die junior mans resies in ‘n tyd van 3:37:34.9. Sy pa behaal ‘n tweede plek in die mans 50-54 jaar kategorie in ‘n tyd van 3:31:45.18.

Dana behaal ook ‘n eerste plek in die tydtoets en voltooi dit in 27:42.17.

Ryno en sy pa Dana Schutte het albei top drie plekke in hulle ouderdomskategorie behaal.

Ryno behaal ‘n derde plek in die tydtoets in sy kategorie in ‘n tyd van 27:19.25.

Hierdie kranige jong fietsryer is ook deel van die NWU CHHP se YES (Youth Excellence Support)-program.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button