
Potch Dorp Rugbyklub het die afgelope naweek proewe gehou.
Volgens Bolla van der Merwe, voorsitter van die klub, was dit baie suksesvol.
Dit is ‘n goeie teken vir die klub dat daar so baie spelers vir die eerste rondte proewe opgedaag het. Potch Dorp het ‘n besonderse suksesvolle seisoen gehad verlede jaar. In 2022 het dié klub die Neser liga met ‘n wen persentasie van 88% gewen. Daar is 16 spelers van Potch Dorp vir die Luiperds plattelandspan gekies. Terwyl vyf van hulle spelers in die Luiperds se seniorgroep gekies is.
“Spelers kan nog enige tyd van die jaar aansluit,” verduidelik van der Merwe.
Die voorseisoen wedstryde begin komende naweek teen Ventersdorp op tuisbodem. Die eerstespan se wedstryd skop om 16:00 af.
Vir meer Rugbynuus besoek,
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



