SportSport

Jong renjaer jaag sy drome na

Die 16-jarige Wianko Fourie het groot drome om eendag 'n F1 renjaer te word, maar vir nou is die Formula Ford-kampioenskappe in die blitsige jongman se visier.

Die 16-jarige Wianko Fourie het groot drome om eendag ‘n F1 renjaer te word, maar vir nou is die Formula Ford-kampioenskappe in die blitsige jongman se visier.

Kyk die video waar Wianko sy staal op die baan wys hier:

Wianko neem die afgelope 2 jaar aan die Prokart SSS 390-reeks en die F400 Karting kampioenskappe deel, en het hy in dié twee jaar al ‘n eerste plek, tweede plek en drie derde plekke verower.

Wianko en sy pa, Willem.

Hy was in dié twee jaar ook aangewys as die renjaer wat die meeste vordering getoon het.

Wianko het in Desember 2021 die geleentheid gekry om ‘n Ford 1600 te toetsbestuur en was sy beste tyd 2:03 om die baan. As dit dalk nie vir jou vinnig klink nie – hou in gedagte dat die baanrekord vir die Ford 1600 op dié baan 1:57:5 is.

Wianko Fourie het groot motorsportdrome en het ondersteuning nodig om sy talent na die volgende vlak te neem. Foto: Verskaf.

Die gemiddelde ouderdom van renjaers in dié kampioenskappe is 24, wat sou Wianko deelneem, dit hom een van die jongste deelnemers aan die kampioenskap sal maak.

Investchem Formula Ford South Africa hou sewe wedrenne deur die jaar tydens die National Extreme Festival. Al hierdie wedrenne word gestroom op YouTube, en dan later in die week op die DSTV-kanaal 189 uitgesaai.

Wianko het R700 000 nodig vir sy droom om aan die Investchem Formula Ford kampioenskappe deel te neem.

Jy kan hom help sy droom bewaarheid deur sy storie te deel met ander motorgeesdriftiges, of om individueel of as besigheid hom te borg. Mense wat graag ‘n finansiële bydrae wil lewer kan die volgende bank besonderhede gebruik:

FNB Tjekrekening, WAC Fourie Trust, rekeningnommer 62257319684, takkode 250655.

Wianko se pa, Willem, kan ook geskakel word by 082 822 1917, of stuur ‘n e-pos na willem@mountsurprise.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button