Op ‘n koel dag vir atletiek het die atlete sedert 08:00 vanoggend vuurwarm vertonings gelewer tydens die Noordwes Interhoër wat vandag (Saterdag, 11 Februarie) by die NWU McArthur Atletiekstadion plaasvind.
Potchefstroom Gimnasium was teen 13:30 vanmiddag nog ‘n kortkop voor Hoërskool Rustenburg en KHS op die A-afdeling se punteleer.
Met die 1500m, 400m en aflos-items om nog afgehandel te word kan enige iets nog gebeur wat die wenner sal bepaal.
Die laaste aflos-items sal teen 17:15 afgehandel word.
Kyk die aksiefoto’s hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





















































