Dit was ‘n sopnat en skouspelagtig afsluiting van die 2023 Noordwes Grootskole Interhoër vanmiddag by die NWU McArthur Atletiekstadion toe Potchefstroom Gimnasium se Senior Victrix Ludorum, Sandri van Rooyen, oor die wenstreep met haar aflosstokkie snel.
Haar vreugde was onbeperk na ‘n fantastiese byeenkoms waar Gimmies se dogters veral uitgeblink het, met ‘n algehele eerste plek. Gimmies se seuns het ‘n derde plek algeheel behaal, na hulle atlete veral foute by die aflos-item begaan het. Nietemin, was die gesamentlike poging genoeg om Gimmies die titel te laat behou.
Hoërskool Rustenburg is tweede algeheel en KHS derde. Rustenburg se seuns neem ook die eerste plek in hulle afdeling.
KHS wen die geesbeker met Potchefstroom Girls High as naaswenners van hierdie trofee.
Foto’s: Wouter Pienaar
Hier is die top presteerders op die dag:
Top baanatleet: Amogelang Tatai (KHS)
Junior Victrix Ludorum: Carli Visser (Wesvalia)
Junior Victor Ludorum: Logan Botes (Gimmies)
Senior Victrix Ludorum: Sandri van Rooyen (Gimmies)
Senior Victor Ludorum: Papino Maluleke (KHS)














