SportSport

Beker ter ere aan Springboklegende

Diè gedenkwedstryd sal ter ere van  Springboklegende wyle Piet Visagie wees. Visagie is onlangs in Potchefstroom oorlede. 

Potch Dorp Rugbyklub gaan komende naweek, 18 Februarie, teen Parys te staan kom.

Dit sal die eerste van ‘n jaarlikse gedenkwedstryd wees. Diè gedenkwedstryd sal ter ere van  Springboklegende wyle Piet Visagie wees. Visagie is onlangs in Potchefstroom oorlede.

Volgens Jacques Visagie, Piet se seun, sal die familie almal by diè wedstryd wees.

“Ons gaan Donderdag Kimberley toe waarna ons Vrydag my pa se as by die bekende Ammosal Rugbyklub langs Jumbo Harris gaan neerlê,” het Visagie gesê.

Volgens hom is die datum vir die wedstryd gekies omdat albei sy susters, Peta en Caron van die buiteland eers verlede week in Suid Afrika aangekom het.

“Dit is gepas dat daar teen Parys gespeel word, omdat my ouers ongeveeer ses jaar daar gewoon het voor hulle Potch toe gekom het,” verduidelik Jacques.

Die wedstryd skop om 16:00 op Potch Dorp se velde af. Daar sal ‘n oomblik se stilte voor die wedstryd wees en ‘n bring en braai na die tyd.

“Ons al vier (Jacques, Peta, Caron en Carol, Piet se weduwee,) gaan by die wedstryd wees. So ook ons goeie huisvriende Oom Sakkie en Gail Raath,” het Jacques gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button