SportSport

Potch Gimmies ons gaan Paarl toe!

Op 17-18 Maart 2023 gaan ‘n nuwe tradisie vir Potchefstroom Gimnasium begin wanneer hulle in wintersport teen Paarl Gimnasium in Paarl in ‘n unieke sportnaweek te staan gaan kom.

Op 17-18 Maart 2023 gaan ‘n nuwe tradisie vir Potchefstroom Gimnasium begin wanneer hulle in wintersport teen Paarl Gimnasium in Paarl in ‘n unieke sportnaweek te staan gaan kom.

Hierdie twee Gimnasiums, albei met ‘n ryk geskiedenis, gaan kragte meet op die sportveld, maar in dieselfde asem ook bande smee wat tot die voordeel van beide skole strek.

 

Jacques Botes, direkteur van sport by Potchefstroom Gimnasium, vertel dat die idee vir ‘n kragmeting tussen Paarl Gim en Potch Gim, te danke aan Duitser Bosman (HUB van Duitser Bosman Sport en voormalige Varsity Cup HUB) is.

“Die gedagte is so rukkie terug deur Duitser ingeplant en daar is toe begin beplan om met ons wintersporte teen Paarl Gim deel te neem. Al ons wintersporte speel daar vanaf 17-18 Maart. Dit sluit al ons hokkie, rugby en netbal A-spanne sowel as ons eerste en tweede spanne. Ons tennis seuns eerste span gaan ook saam,” noem Botes.

Hierdie kragmeting teen Paarl Gimnasium gee ook juis vir Potchefstroom Gimnasium die kans om hulself teen een van die beste skole in die land te meet.

“Ons sien baie uit daarna as ‘n skool. Dit is ‘n reuse trap op wel vir ons as ‘n skool om met wintersporte teen Paarl Gim te kompeteer. Die gedagte is dat ons kinders beter blootstelling gee teen van die beste kompetisie in die land,” verduidelik Botes.

Verder is dit ook ‘n ervaring vir die leerders om af te ry na die Kaap toe en teen spanne te speel wat hulle nie normaalweg sou nie.

“Die idee is om vanjaar die bal aan die rol te sit en te sien hoe dit gaan om elke jaar tussen Potch en Paarl aan te bied. Ons is baie dankbaar en opgewonde vir die geleentheid vanjaar,” stel Botes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button