SportSport

Villagers klop Veritas om Koshuiskrieketliga te verower

Villagers het in hierdie 10-beurt wedstryd wat op Woensdag, 29 Maart plaasgevind het, met beide kolf en bal geskitter in ‘n top spanpoging.

Villagers Manskoshuis is die NWU Koshuiskrieketkampioene vir ‘n vierde keer nadat hulle vir Veritas Manskoshuis in die finaal op die J.B. Marks Ovaal in Potchefstroom met 4 lopies in ‘n naelbytstryd geklop het.

Villagers het in hierdie 10-beurt wedstryd wat op Woensdag, 29 Maart plaasgevind het, met beide kolf en bal geskitter in ‘n top spanpoging. Villagers het hul kwartfinaal teen Caput gewen en toe vir Patria in die semi-finaal om ‘n plek in die finaal teen Veritas te bespreek.

Foto’s: Bertus le Roux

Villagers kolf eerste nadat Veritas die loot wen en besluit het om eerste te boul.

Villagers teken 121/8 aan met Lee Mokoena (27 van 30 balle) wat ‘n ankerrol speel en Kyle Welman (23* van 13 balle) wat met twee viere en ‘n ses die beurt op ‘n hoogtepunt afsluit.

Dit was ‘n top terugvegpoging van die middelorde nadat Veritas se boulers vroeër vir hulle opponente op 33/4 gelaat het.

Luan Bischoff (2/19) en Charl Naude (2/30) was Veritas se top boulers op die dag.

Van links na regs is Johan van Sittert (HK lid), Lohard Janse van Rensburg (kaptein), Matthys van Heerden (afrigter) en Jean du Plessis (hulpafrigter).
Villagers Manskoshuis vier hulle krieketliga oorwinning. Foto: Bertus le Roux

Villagers se Liam Anderson (2/19) het vroeg skade gemaak om Veritas in hulle jaagtog op 6/2 te laat. Veritas se Dewald Potgieter (40 van 27 balle) en Waldo Meintjies (30 van 26 balle) het wel amper die wedstryd in hulle guns geswaai.

‘n Draaipunt in die wedstryd is toe Meintjies danksy flink werk van Anderson en Villagers se paaltjiewagter en kaptein, Lohard Janse van Rensburg, uitgehardloop is.

Met die laaste beurt Veritas nog 21 lopies vir ‘n oorwinning benodig. Met die laaste bal wat vir ‘n foutbal gegaan het, was die spanning ook nog verder verhoog. Op die ou einde kon Villagers koelkop bly om die wen deur te trek.

Matthys van Heerden, Villagers se hoofafrigter, noem dat sy span goed voorberei was en ‘n sterk broederskap gevorm het.

“Die manne het koelkop gebly en die totaal wat ek vir hulle gestel het behaal. Hulle het ook met groot gees uitgegaan om te boul en hard gewerk. Ek wil net ook die Sleepkoshuise, sowel as Villagers se Bouspan en Kampstoelkommitee bedank wat tydens Jool kom ondersteun het,” noem Van Heerden wat ook vir Villagers na ‘n sege in 2020 afgerig het.

Speler van die wedstryd: Kyle Welman

Villagers Kaptein: Lohard Janse van Rensburg

Villagers onder-kaptein: Renier Bosman

Villagers afrigter: Matthys van Heerden

Villagers hulpafrigter: Jean Du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button