SportSport

Plaaslike atlete blink uit by Afrika Junior en Jeugkampioenskappe in Zambië

Algeheel was dit ‘n fantastiese byeenkoms vir Suid-Afrika se top jong atlete, wat boaan die medaljelys met 66 medaljes (33 goud, 19 silwer en 14 brons) eindig.

Twee van Potchefstroom Gimnasium se top atlete, Sandri van Rooyen en Sihle Mahlangu het saam met die Suid-Afrikaanse span top prestasies by die Afrika o.18 en o.20 atletiekkampioenskappe in Ndola, Zambië, behaal.

Sandri van Rooyen verwerf silwer in die o.18 100m hekkies.

Van Rooyen behaal ‘n silwermedalje in die o.18 100m hekkies-item behaal, terwyl Mahlangu ‘n sesde plek in die o.18 seuns 400m behaal.

Sandri van Rooyen en Sihle Mahlangu het Gimmies se naam hoog gehou by die o.18 en o.20 Afrika Atletiekkampioenskappe.

Janise Nell, die voormalige Volkie en tans NWU-stapper, behaal ook ‘n puik brons in die o.20 10 000m stap-item.

Janise Nell vier haar bronsmedalje.

Nog ‘n Noordwester, Ewald Jansen van KHS, behaal goud in die seuns o.18 spiesgooi-item

Algeheel was dit ‘n fantastiese byeenkoms vir Suid-Afrika se top jong atlete, wat boaan die medaljelys met 66 medaljes (33 goud, 19 silwer en 14 brons) eindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button