SportSport

Moeilike eerste dag vir Luiperds by o/13 Cravenweek

Beide die Luiperds se A e nB spanne het hulle eerste wedstryde by die Cravenweek verloor. 

Beide die Luiperds se A e nB spanne het hulle eerste wedstryde by die Cravenweek verloor.

Die o/13 A-span het 10 -0 teen ‘n begeesterde Grens verloor. Die Grens het  vroeg die voortou geneem. Alhoewel die Luiperds in die tweede helfte ‘n beter vertoning gewys het, kon hulle nie ‘n gat in die Grens se verdediging gevind het nie.

Die B-span het beter gevaar teen die Bulle se B-span. Die halftyd telling was 19 -15 in die Bulle se guns nadat die Luiperds vroeg in die wedstryd voor was. Francois de Villiers van Laerskool Bailliepark, het goed met Zachary Janse van Rensburg kombineer om ‘n pragdrie vir die Luiperds te gaan druk.

Janse van Rensburg se skopvoet het die Luiperds vir ‘n ruk in die wedstryd gehou maar die Bulle het die Luiperds se foute goed uitgebuit om uiteindelik die wedstryd met 36 -18 gewen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button