SportSport

Volkie-fietsryers kap dit uit by SA’s in Pietermaritzburg

Ses van Volkies se fietsryers het die voorreg gehad om in Noordwes-kleure hulle skool en provinsie teen die land se bestes te verteenwoordig.

Volkies Fietsry was die afgelope naweek, Saterdag, 22 Julie op hulle stukke tydens ‘n uitdagende SA Nasionale XCO (Cross-Country) kampioenskappe by Cascades in Pietermaritzburg.

Ses van Volkies se fietsryers het die voorreg gehad om in Noordwes-kleure hulle skool en provinsie teen die land se bestes te verteenwoordig.

Volkies se fietsryers het Noordwes met trots by die 2023 SA XCO SA kampioenskappe in Pietermritzburg verteenwoordig. Van links is Bianca Botha, Zanri Grobbelaar, Reon Grobler, Janco Stemmet, Josef Botha en Zandre Stemmet. Foto: Verskaf.

Die baan by Cascades is bekend as een van die moeilikste bane om baas te raak en is altyd ‘n hoogtepunt op enige bergfietsryer se kalender.

Ryers van so ver as Namibië en Frankryk is tot die uiterste getoets.

Hierdie groep Volkie-fietsryers word afgerig deur Brandon van den Berg, oud-Volkie wat self ook as voormalige SA-kampioen, steeds die speke laat sing.

Die uitslae is soos volg:

Bianca Botha: Sub-junior dogters – 12de Zanri Grobbelaar: Junior vroue – 7de Reon Grobler: Youth mans – 35ste Janco Stemmet: Sub-junior seuns – 22ste Josef Botha: Youth mans – 31ste Zandre Stemmet: Junior men – 25ste.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button